Rympieland met CD

Geniet hierdie immergroen gunstelinge saam met jou kleuters. Omdat almal hierdie rympies uit hul kleintyd onthou, voel dit byna soos die voortsetting van ‘n tradisie. Dit laat Ma en Pa voel of hulle ietsie uit hulle eie kinderjare met hul kleinspan kan deel.

Opwindende ervaring

Die bekoring van die rym en die ritme word aangevul met pragtige kleur-illustrasies en maak die aanleer van rympies as ‘t ware ‘n verbeeldingsvlug. By die meeste rympies is daar selfs voorstelle hoe hulle met gebare en bewegings uitgebeeld kan word.

Lekker saamsing-liedjies

Op die meegaande CD is ‘n professionele opname van al die rympies. Dis ‘n vrolike verskeidenheid van sing of praat en bied bykomende stimulasie vir die kleinspan se ontwikkeling.