TITLE: Japie die Apie
AUTHORS: Sue Barnett and Ingrid van den Berg
PUBLICATION DATE: August 2014
BINDING: Hard cover
Japie die apie soek na sy mamma. Hy is verlore en alleen in die bosveld
wat wemel van gevaarlike diere. Sal hy die uitdagings van bang- en
alleenwees kan oorkom? Sal hy nuwe vriende maak? Deel Japie se
avontuur van grootword en vind uit of hy uiteindelik ‘n dapper klein
blouapie word.